Oom Koos is n klikkie

Kerneelsie se 22 Junie 2018 Facebook storie

KERNEELSIE FB

JVDB

8/13/20231 min read

Kerneelsie.....

Ja mammie?

Waars jy?

My boetie het die balletjie in die bad gegooi nou speel ek bietjie mammie. Hoekom lyk mammie dan so elnstig.

Omdat ek bietjie bekommerd is.

Hoekom mammie.

Nee oom Koos het by my kom skinder.

Ai toggie mammie wat sė hy?

Hy sė hy loop nog so lekker by die poskantoor verby..... Toe hoor hy n beesklok! En hy kyk rond en daar sien hy jou tussen die takke. Toe raas hy en klap met sy hande en daar hol jy!

Ja mammie ek was tog vool hom by die huis.

So jy was daar?

Ja mammie. Nou wat het jy daar gemaak.

Ekt gistel gesien mammie en Tom plaat van posduiwe en dat Tom vil my kan kom kuiel. Ek wou net sien of die posduif nie dalk by die poskantool is nie.

En toe? Het jy hom gekry?

Nee mammie.

Het jy enigiets gekly?

Ja mammie. N gloooooot sklik.

Oom Koos kan hald klap met sy hande. Klink soos n kanonskoot mammie.

Maar Kerneelsie jy moenie rondloop. Die karre gaan jou omry of iemand gaan jou steel.

Nee mammie ek is te vinnig. Ek latie my steel nie.

Ok Kerneelsie.

Ok mammie. ❤❤😽💕